Friday 19 April 2024

Wat het van die Kerk geword?

 Ahoy daar, Heiliges! Dis nou 'n aantal jare sedert die Gemeente van Handelinge en sedert Jan van Riebeeck die eerste gebed op die strand in Tafelbaai gedoen het. Maar wat het geword van die Kerk in Suid Afrika? Die vraag is nou al telkemale gevra, maar wat bereik die Kerk met 'n erediens een maal per week en hope finansieele uitgawees? Het hierdie kerkroetines en klubsoortighede bygedra tot 'n beter SA of 'n beter wereld? Die Weste wat tradisioneel as Christen gesien is, en wereldwyd sendingwerk gedoen het, word nou bejeen as strydlustig, brutaal en liefdeloos!? Gaan ons aanhou om ons self en mekaar besig te hou met teologiese strydpunte, rassisme, kommunisme, feminisme, alkoholisme, snobisme, pronouns, geslagsverwarring, woke gemors, leungeeste en misleidende politiekery, of gaan ons weer ons Bybels oopslaan en voorts nadat ons geestelik verfris uit die erediens stap, 'n tasbare, Christelike, geloof in aksie verskil maak, 6 dae van elke week? Kom dan nou Christene, - ons mag nie langer aanhou om "introvert" en "incognito" of slaafs-kopknikkend te wees, terwyl SA skynbaar deur heidende en vals Christene verrinneweer word, uitmekaar val en Afrika, - ons Kontinent, -  geplunder word nie! Vind jou nis! Doen jou ding saam met ander! Maak 'n daadwerklike verskil vir reg en geregtigheid!



Tuesday 12 March 2024

Die tyd is min


 Ahoy daar, Christen Stryders en Vryheidsgesindes! Vanoggend vroegdag, met sonsopkoms, is ek hier op die kaai om te kyk dat al die vasmeertroue nog goed vas is. Tog jammer, want op die oop see sukkel 'n seevaarder op pad na die volgende hawe met vrag en handelsbriewe nie met vasmeertoue en hyskrane op die kaai wat nie werk nie! Van Hunks kom toe ewe rammetjie-uitnek hier by my aan. Ramkat, want hy't nou eers weer 'n stewige stopsel saam met die Duiwel daar op Duiwelspiek gaan rook. Nee, reken Van Hunks, die oud-Europieers in sonnige Suid Afrika se dae is getel! Elke liberale en suksesvol-gebreinspoelde Nuwe Orde denker in, om en buite SA het hul mes in vir die "Groot Bedreiging". 'n Godvresende Boere-en Afrikanervolk wat in eendrag saamstaan en in verskil in en vauit SA sal maak. Van Hunks beweer dat kerke en politiek die blanke in SA in 'n gerustellende beswyming plaas, terwyl werkers van ongeregtigheid rasse haat aanblaas rondom ons.Nou wat sal 'n matroos met 23 jaar see-ondervinding nou weet, behalwe dat blankes in talle plekke op aarde al uitgemoor is. Miskien, ter wille van die Koninkryksadministrasie van SA en Suidelike-Afrika, moet ons klein kuddetjie met groter omsigtigheid, vooruitskouing en struktuur posisioneer. Dit gaan nie net oor oorlewing nie, dit gaan oor die Koninkryksoorwining. Om te handhaaf en hou in verantwoordelikheid voor God en mens.



Tuesday 6 February 2024

Dek die tafel voor ons teenstaanders

 

Ahoy daar Volksgenote! Terwyl die kritiese gemors rondom ons as oud Europese Christen Boere- en Afrikaner mensegroep  hier aan die strategiese suidpunt van Afrika daagliks al groter word, bly ons verstommend onverskillig, verdeeld en onverrigtersake rondom ons eie voortbestaansregvoortsetting. Net gister praat ek met Kaptein Van Hunks hier op die kaai van die Kaapse Hawe, waar swak regering en verval in dienstelewering ook daagliks sigbaar is. Daar buite wag vragskepe ten duurste om vrag te kom aflaai of oplaai. Van Hunks rook mos pyp saam met die Duiwel daar op Duiwelspiek, en reken dat ons glad nie bekommerd moet wees nie. Alles sal regkom in 'n goddelose of selfs Satanaanbiddende multi-kulturele eenheidstaat Nuwe Suid Afrika! Dit kan tog nie die waarheid wees nie! Na mening is ons mense se beste kans op Godvresende bestaansregvoortsetting afhanklik van 'n "stewige tafel" waarvan die vier bene bestaande uit Afrikaners, Boervolk, eie politiek en eie kerk hul posisies, verantwoordelikheid en bydrae handhaaf en hou met een volksgemeenskaplike selfbeskikkende fokus tusen ander volke, tale, nasies en stamme. Om onverskillig, verdeeld en apaties-onverrigtersake voort te ploeter kan tog geen volhoubare en verskansende bestaansregmeganisme skep en instandhou nie. Hierdie stewige tafel konsep, as illustrasie of model is krities nodig as ons hierdie stewige tafel voor die aangesig van Nuwe Ordes en Anrichris teenstaanders gedek wil sien. Op so 'n tafel kan ons mense as families saam eet, huisgodsdiens hou, die kinders kosgee en huiwerk laat doen, en nagmaal gehou word. Daarsonder gaan ons aanhou wankel en onbekostigbare verliese te ly en kan ons nie 'n standvastige en samehorige, stigtelike bydrae onderling, in SA en in Afrika maak nie!


Saturday 13 January 2024

Grof en Onbeskof

 

Ahoy daar, behoudende volksgenote! Vandag wil ek asb. beswaar aanteken. 'n Godvresende, Bloedgewasde Geloftevolk kan tog seker nie 'n vloekende, swetsende volk wees nie? Waarom 85 000 of meer kerke, bedienings en Christen organisasies in sonnige SA geen oortuigende verskil maak aan die Totale Aanslag van ongeregtigheid teen ons land, die Westerse beskawing, bankes en Afrikaners nie, is onduidelik. Maar daar is diegene wat verdienstelik beswaar maak en protesteer teen onreg, maar hulle frustrasie is blykbaar so groot oor die apatie wat ons in hierdie wereldse gemors en moeras van onreg laat, dat hulle moet vloek, swets en woes beduie. Wat die hart van vol is loop die mond van oor. (Die Bybel leer dat "the heart is the wellspring of life.") In wie se geregtigheid probeer ons die talle probleme rondom ons aanspreek? Eiesinnige eiegeregtigheid of God se Gebod en God se Geregtigheid? Die Lewende God het 'n standaard. Jesus Christus en die Bybel spel die werkwyse, leefstyl en vrug van die Christen uit. Ons kan nie onreg met onreg aanspreek nie. Dit maak dit ook moeilik en ongemaklik in die Christen milieu om besware, protes en idees te netwerk as die outeur of voorspraakmakers vloek of onwelvoeglik manifesteer. Self kan ek as matroos getuig dat om rook, drink, vloek en ander dinge van die vlees in eie krag af te sweer, baie moeiik is. Soveel van ons mense, - veral ook ons Afrikaner vrouens en van ons kinders, - vloek opmerklik baie. Volksgenote, ons moet die moraliteit van God en Gebod en die Bybel so op die hart dra dat ons doen en late die etiek van 'n Christen as voorbeeld en inspirasie kan uitdra. "What would Jesus do?" Maar ek het begrip vir die groot frustrasie oor ongeregtigheid rondom ons. 'n Gevrekde Volk, 'n gevrekde Kerk en  uiters gefrustreerde Christen mense sleep ons al dieper in die groeiende gemors in!



Monday 1 January 2024

Rentmeesters in 2024

Ahoy daar besorgdes! Ek het lanklaas met Kaptein van Hunks hier op die kaai onder ou Tafelberg gesels. Ons het albei intussen ons skepe bietjie oorgeverf en opgeknap, en ons laat nou ons hoofenjins versien. Vanoggend net na sonop, so op die Nuwejaar van 2024, noem ek vir Van Hunks wat altyd na pyprook ruik en die Duiwel goedpraat, dat ek besorgd is oor mense in Suid Afrika wat van beter weet maar sedert 1994 nie beter doen nie. Van Hunks reken daar is niks hoegenaamd om oor bekommerd te wees nie. Alles sal regkom, - want die Duiwel werk lankal reeds met 'n plan. Ek is nie so seker nie. Ek dink nie nog 'n jaar van rentmeesters wat heeldag rondsit op sosiale media, of godsdiensgeeste as 'n ontsnappingsroete gebruik of verdeelthede instandhou, gaan die rentmeesterskapwerk en verantwoordelikheid wat tans duidelik tekortskiet, oorbrug nie. My pleidooi is dat ons met "holistiese" visie, 'n groter perspektief en 'n doelmatige sinergie sal moet bewerk. Daar gaan myns insiens baie beter struktuur, samewerking en visie in praktyd gerealiseer moet word. Elke Vryburger en elke kerklidmaat 'n bondgenoot van geregtigheid en geloof in aksie. Voorwaarts!



Saturday 18 November 2023

Vassuig of Uitstuur?

 


 Ahoy daar Godsdienstiges! Die werke van die kerke bly my opval in gemeenskappe wat daagliks meer verval in ekonomiese afplatting, sosiale inploffing, etiese of morele bankrotskap, insekte op goedgekeurde lyste van protein-toevoeggings in vervaardigde voedsel, digitale IDs, plandemies wat op mens, dier en gewasse bewimpel word, klimaatmanipulasie, 'n oorlogmaakdrang en Christene wat GEEN verskil maak aan enige-iets hier op aarde nie! Dit is asof daar 'n vortex-tipe godsdiensgees is wat kerkgangers en lidmate in die kerkbanke afgetrek of in kerkgeboue ingesuig hou. Lam. Magteloos. Apaties. Kruipsugtig. Bybelongeletterd. Geestelik verblind. Van gener Koninkryk-bou waarde? Is die kerke en gemeentes nie die plekke van waarheid, dinamieka, verskilmaakende geloof in aksie en 'n middelpuntvlietende geesteskrag wat ware en wedergebore gelowiges uitwerp soos 'n vissersnet om siele te win en gemeenskappe te stig nie? Tans bly die wereldtelbord staan by Ongeregtigheid 10. Geregtigheid 0. Wanneer gaan die Christendom, kerke en geestelike leiers die verantwoordelikheid aanvaar om as onverskrokke en oortuigdende ambassadeurs van Jesus Christus van Nasaret op te tree, voordat verval. bedrog, korrupsie, oorlog, inhaaligheid en goddeloosheid sover vorder dat ons en ons kinders bloot slawe van onreg is en sal bly?



Thursday 10 August 2023

Kan die Kerk 'n verskil maak?

 Ahoy daar, heiliges! Dit gaan al slegter hier in Christelik-sonnige Suid Afrika! Inderdaad is die aanslag van ongeregtigheid besig om wereldwyd toe te neem. Vir diegene met 'n Bybelse wereldbeskouing bly die kerke 'n toevlug en troos. Miskien 'n geestelike ontsnappingsroete waar die Dominee of Pastoor of Reverend 'n soet boodskap en sagte profesie besig of die Woord baie selektief en "verteerbaar" oordra, om ore te streel en werklikhede te ignoreer terwyl lidmate desperaat in die kerkbanke gebou word ter wille van tiendes en salarisse om die kerk se tuine en Dominee se aftrede te sponsor. Maar kan ons so aanhou kerkhou sonder om 'n globale eendrag en Volle Evangelie vir geregtigheid tot stand te bring? Kan dit nog gebeur te midde van kerkgenoortskap-verskille, Christen onverdraagsaamhede jeens mekaar, gedurige godsdiens interpretasie verskille, gemeentes wat inplof sonder uitreik en Christene wat mekaar verorber? Net die Kerk kan wereldwye verval aanspreek! Is die Kerk in alle opsigte wat dit moet wees? Werklik-Skrifgerigde veiligheidzones wat reg en geregtigheid help bevorder, mense verstrek en fasiliteer in hulle gawes en talente as agente of eerder as dissipels vir gesonde verandering, sodat ons stigtelik kan handhaaf en hou? Indien nie, - hoe gaan Christene sake in SA, in Afrika en wereldwyd regstel? Wanneer?